Episode 13

full
Published on:

21st May 2021

21/05 - Fase 2-inentings stadig uit die blokke; Covid-19-toename kniehalter skolesport; én Twee kouefront bring bibberweer (en sneeu!) die naweek

Fase 2 van die regering se Covid-19-entstofprogram het begin; Daar is kommer oor ‘n styging in nuwe Covid-19 infeksies, dit is ook die rede dat is kontaksport by skole opgeskort is; Dan het oudpresident Jacob Zuma ín die hof en die geskorsde ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, búite die hof opslae gemaak; Afrikaans as onderrig taal het ook weer in die hof gedraai; Twee kouefronte tref die land en die BBC sê jammer oor dáái Diana-onderhoud.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.