Episode 31

full
Published on:

24th Sep 2021

24/09 - Volstoom vorentoe met verkiesing; NZ-tragedie: Pa het vergewe; en Beste braaibroodjie bekroon

Noudat die registrasieproses afgehandel is, gaan politieke partye hard vry na stemme voor die plaaslike regeringsverkiesing; Johannesburg se nuutverkose burgemeester verongeluk; Kaapse onderwyser by skool doodgeskiet; Nagwaak vir vermoorde SA sussies in Nieu-Seeland gehou; Zuma oorweeg strafregtelike klag teen staatsaanklaer in korrupsieverhoor; Afrikaans moet terug by Unisa, beslis hof; en ‘...Maar kan jy braaibroodjies maak?’

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.