Episode 23

full
Published on:

30th Jul 2021

30/07 - Entstowwe vir Afrika!; Ramptoestand in KZN én Schoenmaker is Olimpiese kampioen

Daar sal genoeg entstowwe vir die land én die vasteland wees, belowe president Cyril Ramaphosa. Kommer oor hospitaalkapasiteit in Wes-Kaap wat binnekort die piek van die derde vlaag gaan bereik; Suid-Afrika tel steeds die skade na die onluste vroeër die maand en KZN kondig ramptoestand af; Taxi-roetes in die Kaap gesluit na voortslepende geweld; Oktober se plaaslike regeringsverkiesings uitgestel oor pandemie; Rassie Erasmus braak gal oor skeidsregters in video; SA spog met nuwe Olimpiese kampioen nadat Tatjana Schoenmaker die wêreldrekord in die 200m-borsslag gebreek het; en Devilsdorp, die dokkie oor Krugersdorp-afspraakmoorde, wyd geloof.

Show artwork for Nuus met Spies

About the Podcast

Nuus met Spies
Nuus met Spies is 'n podsending wat elke Vrydag die voorafgaande week se belangrike nuusgebeure akkuraat, betroubaar en sinvol uiteensit.

Die joernalis Mia Spies vat die inligting wat elke landsburger behoort te weet saam en verweef dit met nuusmakers se eie woorde. Die grootste nuusgebeurtenis van die week word ook kortliks deur 'n kenner op die gebied ontleed.

Ons vervaardigers is Roland Perold en Andisiwe May. Nuus Met Spies is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.

Indien jy elke Vrydag hierdie podsending in jou WhatsApp inboks wil kry, gaan na https://www.nuusmetspies.com/whatsapp.