Episode 44

full
Published on:

4th Feb 2022

04/02 - Verdoemende bevindings in 2de Zondo-verslag; Beurtkrag is terug; en Koningin Elizabeth sit 7 dekades op troon

Zondo-verslag wys Transnet was 'episentrum' van staatskaping; Onderhoude vir nuwe hoofregter die week gehou; Magashule loop nóg 'n bloutjie by die hof; ‘n Donker naweek lê voor nadat Eskom beurtkrag implementeer; Vlak 1-maatreëls verslap; Dlamini-Zuma sê wanneer ramptoestand opgehef word; Masjien wat lisensiekaarte vervaardig werk weer; SA se 1ste digitale sensus begin; Stadsaal oopgesluit vir staatsrede; én Koningin Elizabeth heers 70 jaar.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.