Episode 33

full
Published on:

8th Oct 2021

08/10 - Beurtkrag is terug, Britte verwyder SA van reisrooilys; én Tutu word 90.

Eskom hou land in duister die naweek; Brittanje verwyder uiteindelik SA van rooilys vir toeriste; Kortlys bekend vir SA se nuwe hoofregter; Nasionale polisiehoof se skorsing dreig, DA verwyder omstrede plakkate in KZN; Inentings vir kinders in SA word bespreek; WGO beveel Malaria-entstof vir kinders aan; Ma wat glo dogtertjies in NZ vermoor se verhoor begin 2023; Pandora-dokumente lê rykes se wegsteekplekke bloot, én Wêreld vier emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 90ste verjaarsdag.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.