Episode 20

full
Published on:

9th Jul 2021

09/07 - Tronkdeur klap toe agter Zuma; Word Vlak-4 verleng?; én Haïti-president vermoor

Die tronkdeure van die Escourt-gevangenis het agter oudpresident Jacob Zuma toegeklap, maar hy word eers twee weke in isolasie aangehou; Een van sy grootste ondersteuners, die geskorsde ANC-lid Carl Niehaus, is in hegtenis geneem; Covid-infeksies styg in bykans alle provinsies en dit laat almal wonder of die Vlak 4-inperkingsregulasies ná Sondag verleng word: Ek het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging daaroor gevra; Nog ‘n kouefront tref die Kaap; Taxi-oorlog eis 7 op een dag in die Kaap; Haïti se president in ‘n sluipmoordaanval doodgeskiet; En laastens…vind uit watter vier kleurvolle karakters onlangs ingeënt is.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.