Episode 11

full
Published on:

7th May 2021

07/05 - Ace geskors, toe 'skors' hy Cyril ook; 2 dood in hospitaalbrand én Suid-Afrika kry sy eie Chuck Norris

Dit was hoogdrama in die ANC die week, met ‘n oor en weer geskorsery; Die president beantwoord vrae in die Nasionale Vergadering en sê die regering se inentingsporgram is op koers; ‘n Brand eis twee Covid-pasiënte in ‘n Limpopo hospitaal, Gedenkdiens gehou vir Suid-Afrikaner wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is; Einde in sig vir geblikte leeujag in die land, Storms in Kaap eis lewens; Suid-Afrika spog met sy eie Chuck Norris na skietery in Pretoria én vind uit van watter land Bafana Bafana se nuwe afrigter afkomstig is.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.