Episode 70

full
Published on:

26th Aug 2022

Ma se tronkbesoeke aan dogter in Thailand: Ashley Oosthuizen se ma Lynn Blignaut gesels vanuit Thailand met Mia Spies

Ashley Oosthuizen (23) oorspronklik van George, sit al van Oktober 2020 in 'n tronk in Thailand nadat sy geteken het vir 'n pakkie wat dwelms bevat het. Sy is skuldig bevind op aanklag van internasionale dwelmhandel en lewenslange tronkstraf opgelê. Na 'n appèlverhoor verlede week is haar vonnis tot 33 jaar verkort. Daar is nou 'n maand tyd om teen die vonnis te appelleer. Ashley se ma Lynn Blignaut is tans in Thailand en het onlangs haar dogter vir die eerste keer in drie jaar gesien. Sy praat met Mia Spies daaroor.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.