Episode 54

full
Published on:

8th Apr 2022

“Dit raak net erger en erger”: Mia Spies praat weer met SA’ner in Oekraïne Michele Potgieter, 6 weke sedert Rusland Oekraïne ingeval het

Dit is ses weke sedert Rusland Oekraïne ingeval het. Sedertdien is duisende mense dood en miljoene ontwortel. Volgens die jongste syfers het meer as 4 miljoen mense al uit die oorloggeteisterde land gevlug. ‘n Suid-Afrikaner wat al 26 jaar lank in Oekraïne woon Michele Potgieter is nié een van hulle nie. Sy het besluit om te bly en te help. Michele gesels vanuit haar tuisdorp, Reni.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.