Episode 63

full
Published on:

1st Jul 2022

Fase 6-beurtkrag: “Eskom dompel SA in noodtoestand; ramptoestand dreig”. Só waarsku energiekenner Chris Yelland die huidige kragkrisis.

Fase 6-beurtkrag het hierdie week vir die eerste keer sedert 2019 getref, en die risiko van Fase 8 dreig. Dit is volgens Eskom weens werkers se onwettige staking oor loonverhogings. Terwyl die onderhandelinge oor die jongste arbeidsgeskil voortduur is Suid-Afrikaners letterlik en figuurlik in die donker. Die energiekommentator Chris Yelland praat met Mia Spies oor die jongste kinkel in die krag(krisis)kabel.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.