Episode 65

full
Published on:

22nd Jul 2022

“Dit voel regtig of hierdie program vir my gemaak is,” Só vertel Nuusmakers se Mia Spies oor haar splinternuwe televisieprogram ‘Wie’s Nuus?’.

Vanaf hierdie week het KykNET kykers ‘n splinternuwe verskeidenheid nuusprogram, ‘Wie’s Nuus?’ wat Donderdagaande om 21:00 op DStv kanaal 144 uitsaai. Dié 26 episode program word aangebied deur die bekende en bekroonde joernalis, media entrepreneur en 2021 Kokertoekenningwenner. Mia nooi weekliks Netwerk24 joernaliste en ander kenner na haar sitkamer waar hulle, soos ou vriende, daardie week se hoofnuusmaker ontleed en vir die kykers die storie agter die storie vertel.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.