Episode 68

full
Published on:

12th Aug 2022

”Moet asseblief nie afgestomp raak nie, die oorlog in Oekraïne is nog erg”. Só vertel Michele Potgieter vanuit Oekraïne aan Mia Spies

Die konflik in Oekraïne woed al langer as 5 maande, en daar is geen teken dat Rusland binnekort 'n einde aan die oorlog gaan maak nie. Hier op Nuusmakers gesels ons gereeld met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner wat in Oekraïne woon. Sy het onlangs vir die eerste keer in maande dié land verlaat. Michele vertel vir Mia Spies en Kyran Blaauw oor haar senutergende reis oor die Oekraïense grens, en weer terug

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.