Episode 56

full
Published on:

13th May 2022

”Ons weet nie wat môre gaan gebeur nie, dit kom ál nader”: Só vertel Michele Potgieter vanuit Oekraïne in ‘n opvolggesprek met Mia Spies

Die oorlog in Oekraïne woed al 11 weke lank, duisende mense is dood en miljoene mense het nou reeds uit die land gevlug. Daar is steeds geen aanduiding dat Rusland 'n einde aan die oorlog wil maak nie. Mia Spies gesels gereeld met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner wat in Oekraïne woon, oor die situasie dáár. Sy woon in die hawestad Reni in die suide van dié land, waar daar weer hierdie week waarskuwings was dat Rusland gaan aanval.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.