Episode 49

full
Published on:

4th Mar 2022

Rusland-Oekraïne-konflik 101: Mia Spies vra ‘n kenner in internasionale politiek prof. Jo-Ansie van Wyk om die situasie in Oos-Europa uiteen te sit.

Die Russiese inval in Oekraïne verlede week oorheers steeds wêreldwyd die hoofopskrifte. Hoe dan anders? Dit is die grootste aanval van een land op ‘n ander in Europa sedert die Tweede Wêreldoorlog. Maar baie mense weet steeds nie régtig waaroor dit gaan nie. Wat soek Rusland in Oekraïne? Wanneer het die konflik begin? Is dit oorlog? En hoe eindig dit? Mia Spies het vir prof. Jo-Ansie van Wyk, hoogleraar in Internasionale Politiek verbonde aan Unisa gevra.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.