Episode 6

full
Published on:

2nd Apr 2021

02/04 - Paasnaweek-drankreëls veroorsaak verwarring; Bloedbad in ons buurland; Drama by die SAUK; én Duurste brandstofprys nóg in SA kom

Inperkingsregulasies aangepas vir Paasnaweek: Strenger regulasies rondom alkohol geld tot Maandag, maar regulasies oor samekomste verslap; Fase 2 van die land se intentingsprogram glo op koers om Mei te begin; Die ANC se sekretaris-generaal Ace Magashule loop op dun ys na die party se NUK vergader; Die Islamitiese staat aanvaar verantwoordelikheid vir die terreuraanval in Mosambiek: Ek vra ‘n kenner of die streek moet bekommerd wees; Meer as 600 SAUK-werknemers verloor hulle werk nadat die openbare uitsaaier sy afleggingsproses afhandel; legendariese SAUK-nuusleser Noxolo Grootboom groet die kassie; én Die skerpste brandstofprysstyg in jare kom, so maak jou motor voor Woensdag vol!

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.