Episode 7

full
Published on:

9th Apr 2021

09/04 - Paasnaweek-padsterftes bekend; Brandstof duurste nog ooit in SA; Kwesbares dalk van volgende maand ingeënt, én Streek gryp in na Mosambiek-bloedbad

Volgens amptelike syfers is 235 mense tydens Paasnaweek op die land se paaie dood, baie van hulle voetgangers; Die brandstofprys het ook skerp gestyg die week, soveel so dat landsburgers nou die meeste ooit vir brandstof in Suid-Afrika betaal; Dis alweer die Ramaphosa-groep teen die Magashule-kamp; Dan in Covid-19 nuus het die minister van gesondheid bevestig dat die tweede fase van die regering se intengprogram volgende maand begin; In Mosambiek het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader oor die terreur in noorde van daardie land; en laastens getuig oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou glo voor Zondo-kommissie.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.