Episode 8

full
Published on:

16th Apr 2021

16/04 - Gebruik van J&J-entstof tydelik opgeskort; Tiener in boelie-video neem eie lewe; Ace drink ook tee by Nkandla en Brittanje se ysterprins gegroet

Die toediening van die Johnson & Johnson-entstof in Suid-Afrika is tydelik opgeskort ná enkele gevalle van bloedklonte in die VSA; Graad 10-leerling van Limpopo neem haar eie lewe na opspraakwekkende boelievideo wat wyd versprei is; Die Wes-Kaapse LUR Bonginkosi Madikizela geskors terwyl die DA sy tersiêre kwalifikasie ondersoek; ANC voorsitter Gwede Mantashe voor Zondo-kommissie die week; maar oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou Norma Mngoma nie; Ace Magashule konsulteer met oudpres. Jacob Zuma by sy woning in Nkandla; én Brittanje se Prins Philip word Saterdag begrawe.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.