Episode 15

full
Published on:

4th Jun 2021

04/06 - SA-ekonomie toon tekens van herstel; Klag teen Mkhize ingedien; Strop trek nouer om Guptas én olifantbul pak bakkie

President Cyril Ramaphosa sê die ekonomie toon tekens van herstel, hy sê ook dat die ‘Digital Vibes’-skandaal waarby die minister van gesondheid dr. Zweli Mkhize betrek word nie ‘onder die mat’ gevee sal word nie; Gupta-bondgenoot in hof en Interpol gevra om die Guptas te help aankeer; Suid-Afrika is die week in ‘n aangepaste Vlak 2 van die inperking sowel as fase 2 van beurtkrag; Ondersoek bevind Eskom-hoof het nie rassisties opgetree; Dit was ‘n geskree, geskop en gevloek by die Pan-Afrika Parlement se sittings die week; Matrieks se Junie-eksamen geskrap; en bestuurder se noue ontkoming toe olifantbul bakkie pak.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.