Episode 40

full
Published on:

10th Dec 2021

10/12 - Covid-gevalle styg; Opvolg-inentings goedgekeur, Onteieningswetsontwerp misluk én Johnny Cash leef voort...in Trompsburg

Nuwe Covid-gevalle styg skerp; Ramptoestand verleng tot 15 Januarie; Versterkingsdosis van Pfizer-entstof goedgekeur vir SA; Kinders bo 12 mag opvolgdosis kry; Wetsontwerp misluk om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak; Vervolgingsgesag sê daar is g’n krisis by die NVG nie; Staatskapingsverslag 1 Januarie op president se lessenaar; Oudpres. FW de Klerk kry staatsroudiens die naweek; Vind uit wat Suid-Afrikaners die meeste Google in 2021, én Trompsburg kinders bekoor met Johnny Cash-treffer.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.