Episode 41

full
Published on:

14th Jan 2022

14/01 - Aarto ongrondwetlik verklaar; Terug skool toe…as daar plek is; en SA se nanosatelliete lanseer

Hof verklaar Aarto-strafpuntstelsel vir motoriste ongrondwetlik; Skole in binnelandse provinsies heropen, maar honderde leerlinge nog nie geplaas nie; 2021-Matriekuitslae oor ‘n week bekend, maar nie in die media nie; Vermeende parlement-brandstigter gestuur vir psigiatriese waarneming; Zondo kap Sisulu oor haar meningstuk wat ‘regters en die grondwet beledig’; Prins Andrew verloor sy militêre titels oor seksskandaal én Plaaslik vervaardigde nanosatelliete lanseer om SA se kusgebied te monitor.

Show artwork for Nuus met Spies

About the Podcast

Nuus met Spies
Nuus met Spies is 'n podsending wat elke Vrydag die voorafgaande week se belangrike nuusgebeure akkuraat, betroubaar en sinvol uiteensit.

Die joernalis Mia Spies vat die inligting wat elke landsburger behoort te weet saam en verweef dit met nuusmakers se eie woorde. Die grootste nuusgebeurtenis van die week word ook kortliks deur 'n kenner op die gebied ontleed.

Ons vervaardigers is Roland Perold en Andisiwe May. Nuus Met Spies is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.

Indien jy elke Vrydag hierdie podsending in jou WhatsApp inboks wil kry, gaan na https://www.nuusmetspies.com/whatsapp.