Episode 42

full
Published on:

21st Jan 2022

21/01 - Matriekslaagsyfer styg; Dis oorlog tussen Sisulu & Ramaphosa; Vloede ramp verklaar; én Malawiese sanger (92) TikTok-ster

Die 2021-matriekklas behaal slaagsyfer van 76,4%; Matriekuitslae nou op mediaplatforms beskikbaar…ná hofuitspraak; Skole in die kusprovinsies heropen maar volg steeds roterende rooster; Feestyd-padsterftes styg met 14%; Oorstromings tot nasionale ramp verklaar; Vermeende parlement-brandstiger verlaat Valkenberg; Sisulu sê nie jammer oor omstrede meningstuk, ondanks presidensie-verklaring; Aanleg vir entstof-vervaardiging in Kaapstad én ken jy die Malawiese treffer Linny Who?! Miljoene TikTok-gebruikers doen!

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.