Episode 38

full
Published on:

26th Nov 2021

26/11 - SA op rooilys weens ‘super’ Covid-variant; Kommer oor kinderontvoerings; DA vat Gauteng metro’s; én Kaapse wind waai woes

In ‘n neutedop: Nuwe variant van koronavirus, bekend as B.1.1.529, in SA, Botswana en Hong Kong waargeneem; Suider-Afrika terug op Brittanje se reisrooilys; Kabinet waarsku oor kinderontvoerings; DA burgemeesters verkies in drie Gautengse metro's; President sê ANC-regering sal koalisieregerings steun; Planne om Eskom op te deel vorder; Polisie gereed ná dreigemente oor KZN-onluste op Swart Vrydag; Rassie laat vaar appèl teen Wêreldrugby; Noord-Korea gee doodstraf oor Squid Game en Weerdiens waarsku teen skadelike wind in die Noord- en Wes-Kaap.

Show artwork for Nuusmakers met Mia Spies

About the Podcast

Nuusmakers met Mia Spies
"Nuusmakers" is ‘n weeklikse aktualiteit-geselsprogram aangebied deur die bekroonde joernalis, aanbieder en ‘podsender’ Mia Spies. Mia voer ‘n gemaklike in-diepte gesprek met ‘n aktuele persoon, wat ‘n kenner is in sy/haar veld is. Dit strek oor ‘n verskeidenheid onderwerpe van politiek, onderwys, die omgewing en ander kwessies wat relevant én interessant vir die breër Afrikaanssprekende gemeenskap is. Nuusmakers, is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume, en word vervaardig deur Roland Perold en Kyran Blaauw. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa.